0

WINTER 2023 Aalwyne... deel van Kleinfontein Ons is bevoorreg om ‘n wye verskeidenheid aalwyne hier in Kleinfontein te hê. In die veld om ons... én in ons tuine. Aalwyne lok bye en suikerbekkies en hulle helder die winterveld op met hul warm kleur. Soos Janita Claassen sing oor die Wilde Aalwyn: “... hoe vlam jou trosse, trosse rooi as die winterson sy lyn oor Namakwaland gooi ... diep in Junie as jou bloeityd verskyn”. En Uys Krige skryf in sy gedig Plaashek: “Bloedrooi die aalwyn langs die slingerpad. Dis of daar vonke uit elk vuurpyl spat. Maar niks, niks roer nie...net 'n luggie wat skrams aan die ritselende grassate vat.” Wanneer u deur Kleinfontein ry, kyk gerus uit vir die verskeidenheid geel, oranje, veelkleurig rooi en soms roomkleurige aalwyne. Wanneer die aalwyne nie blom nie sorg hulle vir groen vlesige blare tot die volgende blomseisoen. Mag die mooi van die aalwyne ook hierdie seisoen warmte in u lewe bring! Missie van Kleinfontein Om die eiendom in sy besit in ’n leefruimte vir vryheidsliewende lede van die BoereAfrikanervolk te ontwikkel, waar hulle alle fasette van hulle eiesoortige volksbestaan, waarvan hulle Christelike geloof, taal en kultuur, die belangrikste is, vrylik, onbedreig en onverhinderd kan uitleef in ‘n plaaslike welvarende ekonomie wat op volkseie arbeid gevestig is. 1

WINTER 2023 Uit die redakteur se pen Álet Erasmus Ten spyte van die winter, is daar steeds kleur in Kleinfontein en waar daar nie kleur is nie, sorg ons vir kleur! Wanneer u deur Kleinfontein stap of ry, is daar die mooiste kleur aalwyne (waarna ek ook verwys op die voorblad van hierdie uitgawe). Die son, is die volgende kleur wat ingespan word vir ‘n sonoond van een van ons inwoners. Daar was ook weer ‘n krag besparingsdag wat by die Padstal se Plaasmark gereël was. Dit so tussen al die kleurryke stalletjies! Carel Breytenbach sorg weer vir ‘n geveerde vriend in ons tuine, die kuifkop houtkapper. Op die redaksiespan verwelkom ons vir Johan Conradie wat met verloop van tyd by my gaan oorneem. Belangstellendes kan gerus jul hulp aanbied vir interessante bydraes wat in volgende uitgawes geplaas kan word. Stuur dit na die vermelde e-pos adres. Baie dankie soos altyd aan elke adverteerder wat ons kwartaalblad ondersteun met u advertensie. Geniet die winter uitgawe van Nuus vir die Kleinfonteiner terwyl u ‘n beker warm sjokolade drink! REDAKSIE Eindredakteur Álet Erasmus Subredakteur Johan Conradie Advertensies & artikels kleinfonteiner@gmail.com Kleinfontein Aandeleblok (Edms) Bpk Kantoor 012 940 4354 Noodnommer 012 802 1140 2

WINTER 2023 Oordenking Geankerde lewens Ds Ben Smit Lees: Heb. 6: 11-20 (19 en 20) Die vaste hoop van die evangelie, sê ons teks, is 'n anker van die siel. Dis 'n wonderlike beeld. 'n Anker gee aan enigiemand op 'n boot, die gevoel van vastigheid en veiligheid. As die wind opsteek en daar kom storms, is dit die anker wat 'n skip of boot vashou, sodat dit nie weerloos meegesleur word nie. So het ons ook 'n anker – dit is ons hoop op God. Storms en winde van verandering waai ons nie weg nie. Ons is nie slagoffers van omstandighede, of skipbreukelinge wat op die nippertjie opgepik moet word uit die water nie. Ons is nie drenkelinge nie, maar ons hoop op God anker ons in elke storm. Ons teks sê egter 'n vreemde ding oor hierdie anker van ons. 'n Skeepskaptein gooi die anker uit in die see of water en dit verdwyn in die diepte, waar dit ongesiens werk om ons vas te hou. Die anker van ons hoop word egter nie in die see gegooi nie, maar in die lug. En dan verdwyn dit ook wanneer dit in die hemelse heiligdom ingaan. Mens wil sê dis darem baie dwaas om jou anker in die lug te gooi, maar dis wat die kerk doen! Ons anker is in Jesus Christus wat opvaar na die Vader. Hy het met sy hemelvaart as ons Voorloper daarheen gegaan en ons anker daar in die heiligdom gaan vasmaak by God in Wie alles vas en seker is. Ons sien dit nie, net soos die skipper wat sy anker in die see gegooi het dit nie sien nie. Maar ons weet verseker: die anker van ons hoop is gewis en seker vas by God. En dan volg daar 'n tweede beeld: 3 Jesus het die heiligdom ingegaan as ons Voorloper. Dat Hy ons Voorloper is sê: ons kom ook agter Hom aan. Die beeld praat dus van Hom as ons Leidsman of Generaal. Ons Aanvoerder agter Wie aan ons triomfantlik uittrek. So het Christus ook opgevaar. Triomfantlik! En nie maar vir Homself nie, maar vir ons, sy leër wat Hom volg. Hy staan daar op die Olyfberg as Borg van sy kerk en as Hy opvaar, sê Hy, Ek verlaat julle nie. Wanneer Ek vir julle plek berei het, sal julle My ook volg. Julle sal wees waar Ek is! Sy hemelvaart waarborg daarom die hemelvaart van die hele kerk. Ons het in Hom die waarborg en belofte dat Hy, die Hoof, ons as sy liggaam by Hom sal neem. Daarin is die vastigheid van ons hoop geanker – in Christus. Die 11 staan daar op die Olyfberg met 'n wêreldwye roeping. Hulle moet die storms in. Die vervolging en verdrukking wat wag. Die golwe gaan slaan. Maar hulle anker is vas. Ook al sien hulle dit nie. Hulle word nie meegesleur nie. Hulle lei geen skipbreuk nie. Hulle anker is vas in Christus. Is jou lewe wel só geanker?

WINTER 2023 Spanwerk... Kragtoer! Betsie Steyn Met die weghol vuur op Maandag 19 Junie het die optrede van die personeel van die Sorgsentrum getoon dat – danksy hul vinnige optrede – ‘n krisis afgeweer is. Suster Ria Prinsloo en haar span het dadelik begin om die sentrum te ontruim en almal is betyds uitgestoot. Die inwoners – veral dié in die saal – was taamlik getraumatiseerd, maar het wonderlik saamgewerk. Die personeel (Sr. Ria, René van die Admin, die versorgers, skoonmakers en kombuispersoneel) het die inwoners uit die erge versmorende rook probeer kry. (Met handdoeke oor hul neuse om die ergste rook te keer). Van die Kleinfontein inwoners het ook gehelp om rolstoele uit te stoot. Sommige personeellede het self deurgeloop onder die rook en benoud geraak en nat handdoeke gegryp en neus toegedruk! Almal wat kon (selfs onbekendes), het hul gewig ingegooi en ook gehelp: party het vuur geslaan, ander het water aangedra. Die inwoners het groot lof vir die personeel se optrede, is baie dankbaar en soos een man sê hulle: “Dankie, julle was wonderlik!” Die foto’s vertel die hele verhaal... 4 Van die inwoners wat eerste na die oorkant van die pad (uit die rook) gestoot is “Sr Ria en haar span het hulle wonderlik van hulle taak gekwyt om die inwoners van die Sorgsentrum te ontruim toe die rook ons uitgedryf het. Hulle het diegene in die saal wat nie in 'n rolstoel kon sit nie, met beddens uitgestoot en gou was almal veilig. Suster, Johnnie en helpers, het alles wat gesmeul het agter die Sorgsentrum, natgegooi sodat die rook kon ophou en die inwoners kon terugkeer om te gaan eet. Alle eer aan ons Hemelse Vader vir die veiligheid van almal!” Bertha Olivier (Sorgsentrum inwoner) “Aan al die personeel wat die 19de Junie so saam gewerk het 'n groot dankie van my kant af. Ook veral dat almal so kalm gebly het. Julle is staatmakers.” Sr. Ria

WINTER 2023 5

WINTER 2023 Gebruik die son... dis verniet! Álet Erasmus Hennie en Petro Aucamp is inwoners hier in Kleinfontein. Soms wanneer ek by hul huis verby ry, sien ek daar is ‘n sonoond aan die kook en ek het toe besluit om nader te gaan kennis maak! Die helderkleurige oond het ook my oog gevang omdat ek dit herken het aangesien ek so drie of vier jaar gelede met Johan van Wyk van Prieska kennis gemaak het, wat hierdie spesifieke oonde maak. Die sonoond het ‘n element wat gebruik kan word vir dae wat die son nie so sigbaar is nie, maar Hennie sê hy gebruik dit nie eintlik nie. Hulle maak heerlik kos en bak selfs beskuit (in ‘n bakplaat) en droog dit uit in die sonoond. Petro wys ook daarop, dat jy min tot amper geen water gebruik vir geregte nie, siende dat die vleis en groente grotendeels hul eie geurige sous maak. In vandag se tyd waar ons kyk na oplossings vir beurtkrag, is hierdie sonoond ‘n aanwins. Terwyl ons sit en gesels sê Hennie: “Dit is weer tyd om beskuit te bak...!” 6

WINTER 2023 7

WINTER 2023 Republiekdag viering 2023 Álet Erasmus Die klok het reeds vroeg die oggend gebeier om die dag in ons geskiedenis aan te kondig! Ds. Attie Bezuidenhout het die verrigting geopen met die voorlees van Ps. 78:1-7. Vers 3,4: “Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het, sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die Here en sy mag en sy wonder wat Hy gedoen het.” Vers 7: “… en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar Sy gebooie kan bewaar,” “ONS IS NOG HIER! Ons ideaal is nog nie dood nie… danksy die Here wat ons dra!.” Lou Erasmus (seremoniemeester). Die lied van jong Suid-Afrika en Afrikaner landgenote is uit volle bors saam gesing waarna Andries Breytenbach (voorsitter van die Kleinfontein Kultuurkomitee) sy boodskap oorgedra het. Hy het die vraag gevra: “Waarom herdenk ons die Republiek wording van 31 Mei 1961?” 8

WINTER 2023 Ons herdenk die gebeurtenis wat ‘n mylpaal was in ons geskiedenis sodat ons dit steeds kan oordra aan ons nageslag. Dr. HF Verwoerd het tydens ‘n byeenkoms in Meyerton in 1960 gesê:” 'n Volksideaal gaan nooit verby nie.” ‘n Kort filmvertoning het gevolg oor die inhuldiging van CR Swart as president. Die verrigtinge is op gebruiklike wyse afgesluit met die sing van die vierde vers van Die Stem. Om af te sluit het die teenwoordiges saam gekuier oor ‘n koppie sop, broodjies en ander verversings. 9

WINTER 2023 10

WINTER 2023 Die Slag van Donkerhoek Junie 2023 Theo Kruger is dus nog beskikbaar. Dieselfde lid, wat 'n goeie nutsman is, het dit egter goed gedink om hierdie borde te vervang met 'n produk wat hy self vervaardig. Die borde word gebou uit 'n mengsel van teël sement en 'n bindvloeistof en is ongeveer 25 mm dik. Die eindresultaat is 'n uitstekende sukses en die eerste van vyf sulke borde is in plek sodat besoekers aan die terrein kan duidelik sien vanwaar lede van die Boere kommando die Tommies aangeval het. Bo-op Diamond Hill is daar 'n gedenknaald opgerig en jaarliks gedurende Junie kom volksgenote bymekaar om die Slag van Donkerhoek te herdenk. Gedurende die tweede Vryheidsoorlog van 1898 tot 1902 het die Slag van Donkerhoek plaasgevind op Diamond Hill in die omgewing van vandag se Kleinfontein kultuurdorp. Dit het oor 'n tydperk van 7 tot 12 Junie 1900 plaas-gevind. Op verskeie strategiese plekke het lede van die Boere kommando agter klipskanse die Tommies (Engelse soldate) op hulle herrie gegee. Die Tommies was 'n oormag, maar die Boerekommando het hulself goed laat geld en 'n groot hoeveelheid Engelse soldate het gesneuwel. 'n Aantal jare gelede is daar borde opgerig te Kleinfontein waar hierdie strategiese klipskanse was, maar dié het verweer oor die jare en die bewoording kan vandag nie meer gelees word nie. 'n Lid van die Calvinistiese Alliansie (C.A.) wat ook lid is van die plaaslike kultuurkomitee het egter, toe die borde nog duidelik leesbaar was, foto's van die borde geneem en die inligting Skoonmaak rondom die gedenknaald A.g.v. omstandighede buite ons beheer was dit vanjaar nie moontlik om ‘n byeenkoms te laat realiseer nie. Lede van die C.A. het egter Saterdagmiddag, 10 Junie met 'n kort tyd tot hulle beskikking die terrein rondom die gedenknaald gaan skoonmaak. Die gedenknaald self is gewas en sien beter daar uit. Die beplanning is egter in plek om aanstaande jaar die gebeure weer op gepaste wyse te herdenk. 11

WINTER 2023 Uit Álet se Kleinfontein Kombuis Álet Erasmus Winter en warm sjokolade drankie is sinoniem met wintertyd. Deesdae kyk ons ook na goedkoper maniere om lekkernye mee te maak. Die volgende bêre-mengsel, meng maklik en dit bevat bekende bestanddele. Al probleem is... dit is só lekker dat die mengsel ook nie vir te lank gebêre word nie! Bêre-mengsel vir warm sjokolade Bestanddele: 500 ml volroom melkpoeier (ek het afgeroomde “skimmed” melkpoeier gebruik) 200 ml versiersuiker 125 ml Cremora of verromer 90 ml kakaopoeier 20 ml fyn koffiepoeier 2,5 ml sout Metode: 1. Sif bestanddele twee keer saam sodat dit goed gemeng is. 2. Bêre in ‘n houer wat goed seël. ** Die hoeveelheid maak ‘n groot Consols glasbottel amper driekwart vol! 3. Skep 4 opgehoopte teelepels in ‘n beker, vul driekwart met kookwater terwyl jy met teelepel roer en vul die beker met warm melk op. 4. Vir ‘n mooi voorkoms, kan die melk eers tot skuim geklits word. 5. Indien jy ‘n soettand het, kan ‘n teelepel bruinsuiker bygevoeg word. Geniet die warm-soet heerlikheid! sjokolade 12

WINTER 2023 13

WINTER 2023 Diertjies in en om die huis Skerpioene Johan Conradie Daar is rofweg 150 verskillende spesies van skerpioene in Suid Afrika (en nuwe spesies word nog steeds gevind en beskryf). Om ‘n skerpioen spesie te identifiseer is dus nie ‘n maklike taak nie. Alle skerpioene is giftig, maar die steek van verskeie spesies is slegs matig giftig en nie van mediese belang nie. Dit kan steeds pynlik wees vir ‘n paar ure maar is nie noodwendig lewensgevaarlik nie. Daar is verskeie ou en foutiewe stories oor skerpioene en hul identifisering. Een so storie is bv. dat swart skerpioene baie gevaarlik is. Daar is geen algemene reël wat bepaal hoe gevaarlik ‘n skerpioen is gebaseer op kleur alleen nie. Uiters giftige skerpioene kom in ‘n verskeidenheid van kleure wat wissel tussen swart, bruin, geel, liggeel, oranje asook ‘n mengsel van hierdie kleure. ‘n Ander storie sê dat die grootte van die skerpioen ‘n bepalende faktor is en dat kleiner skerpioene baie meer giftig is as groter skerpioene. Die grootte van die skerpioen is egter nie relevant nie. Die algemene reël wat wel geld as jy ‘n skerpioen wil klassifiseer as gevaarlik is die verhouding tussen die dikte van sy stert en die grootte van sy knypers: die met dik sterte en klein knypers is uiters giftig terwyl die met dun sterte en groot knypers baie minder giftig is. Bron: https://www.africansnakebiteinstitute.com/ news/newsletters/dangerous-scorpions-ofsouthern-africa/ 14

WINTER 2023 Wat gebeur in: Wag ‘n Bietjie Annetjie Coetzee Ons verwelkom in Wag ‘n Bietjie... Petro Joubert is nou ook woonagtig in Wag ‘n Bietjie. Petro het destyds hier aan Lucia van der Berg van Radio Pretoria ‘n Emily Hobhouse borsspeld erfstuk oorhandig Wag ‘n Bietjie kuier graag saam Petro Joubert op haar rooi stoel Sy kom van Nigel af waar sy in ‘n ouetehuis gewoon het. Sy wou egter bietjie meer ruimte hê en weer alleen in ‘n huis woon. Petro ken Kleinfontein van Radio Pretoria se dae af en besluit dit is waar sy wil bly. Sy het Pretoria FM geskakel om Irene se nommer te kry, om te hoor of hier nie ‘n huis te huur is nie. Gelukkig was daar ‘n woonplek beskikbaar, en sy het saam met haar seun besluit sy kom bly hier. Lucia saam met Francois van Wyk en Lucia van der Berg in die ateljee Die radiostasie lê haar baie na aan die hart! Welkom Petro! Ons hoop jy gaan baie gelukkig wees hier. Petro en At Rootman kom vanaf Secunda waar hulle vir 22 jaar gebly het. At was werksaam in die myn en later vir homself gewerk en Petro was in die verpleegkunde vir 45 jaar. Inbrake het baie erg begin raak en hulle was bekommerd. Haar oom Johan Kunneke bly ook in Kleinfontein en hulle het baie hier kom kuier en was 15 Wag ‘n bietjie het nou net voor die koue gekom het ʼn bring-en-braai gehou waar daar heerlik gekuier en gebraai was. so beïndruk met die stilte hier. Die twee het begin praat of hulle nie maar moet trek nie. Hulle het dadelik deurgekom, en met Irene gesels, hulle huis in die mark gesit en ‘n huis gekoop waar hulle nou baie gelukkig en rustig woon. Welkom julle! Julle is ‘n aanwins hier in Kleinfontein! Jacob du Plessis, Johan Jooste en Koos van Staden besig om te braai.

WINTER 2023 Kleinfontein Sorgsentrum Álet Erasmus Ons verwelkom Suster Drika Brown! Haar gunsteling geregte? “Gee my boerekos, braaivleis en seekos!” Die lewensles wat sy met ons deel: “Moenie rebelleer teen die lewenspad wat God vir jou bepaal het nie. Daar is te veel dorings as jy wegdwaal. Hou jou oë op Hom.” Hoe is die gemeenskap betrokke by ons eie Kleinfontein Sorgsentrum? Vir ‘n hele aantal jare, het gemeentelede uit die susterskerke op ‘n rotasiebasis, maandeliks koekies en beskuit geskenk wat dan gedurende tee tye aan die inwoners voorgesit is. Kleinfontein het intussen uitgebrei en by die Gemeenskap Forum (GF) is die voorstel gemaak om d.m.v. die wyke, teetyd skenkings te maak vir die inwoners. Tot tyd en wyl daar ‘n praktiese reëling getref kan word, is u welkom om koekies of beskuit te skenk. Dit word ook aangeteken in die skenkings register. Elke bydrae word opreg waardeer! Suster Drika Brown het die grootste deel van haar skool loopbaan, in Tzaneen gewoon. Haar Pa het vir Waterwese gewerk en gevolglik het hulle in ‘n paar ander plekke ook gewoon. Sy is gekwalifiseer as ‘n geregistreerde verpleegkundige en vroedvrou asook ‘n Mgraad in volwasse onderrig (UNISA). Sr Drika het vir 17 jaar in Saudi Arabië gewerk, onder andere in Al Khobar en Riýadh. Stokperdjies is genealogiese navorsing asook lees en musiek. Boek voorlesing Mien Bezuidenhout kom lees ook per geleentheid vir die inwoners voor net so na teetyd in die middag. Indien jy ‘n stem het wat goed dra, bied gerus jou diens aan om ‘n kort voorlesing te doen. Mien kan daarmee behulpsaam wees. Huisgodsdiens Daar is ook oor die jare vrywilligers wat net voor aandete ‘n kort huisgodsdiens vir die inwoners aanbied. Die aanbieding is nie meer as 10 minute nie en bestaan uit voorlees van ‘n paar verse uit die Bybel, ‘n kort gebed wat die tafelgebed insluit en daarna ‘n vers of twee wat uit die Sorgsentrum se sangbundel gesing word. Die inwoners van die Sorgsentrum waardeer die uitreik van Kleinfonteiners. Vir 16

WINTER 2023 meer inligting om hier betrokke te raak, kan u Ds. Attie Bezuidenhout skakel. Samesang Per geleentheid, is hier ‘n groep sangers wat op ‘n Vrydagmiddag hul klawerbord saambring en dan saam met die inwoners uit die sangbundel sing. Stoep kuier en besoeke Van die Sorgsentrum inwoners, was voorheen woonagtig in Kleinfontein en Van alles en nog wat op jou voorstoep! Álet Erasmus Gedurende die inperkingstyd, het ons eie ondernemings die spreekwoordelike ekstra myl geloop vir ons as inwoners. Die Minimark het gesorg dat ons nie eers uit Kleinfontein te moes ry vir alledaagse kruideniersware nie. Die hardeware het kleur in ons tuisbly dae gebring met saailinge wat op die stoep uitgestal was. Toe die eerste opheffing van die inperking bekend gemaak is, is daar ‘n veiling en ‘n mark gehou wat weer ‘n huppel in ons stap gebring het. Vandag is hierdie ondernemings steeds tot u beskikking, vir die meeste van ons, sommer binne stapafstand. Jy kan selfs ‘n uitstappie daarvan maak... iets vir die tafel by die Minimark, ‘n flits battery, gas en ander benodigdhede of droë vrugte by die Kleinfontein Algemene Handelaar en dan stap jy na die Uit en Tuis Restaurant vir ‘n koppie koffie/tee, melkskommel of vrugtesap. Dan kry jy ‘n pizza of ‘n soet happie en voordat jy weer huiswaarts keer, kan jy nou ook van Uitkyk Vleismark se produkte hier koop. Ons sê dankie! 17 gevolglik kom oud bure en vriende besoek aflê. Dit word so baie waardeer... daardie mooi herinneringe wat weer gedeel word. Oefeninge Maandagoggende skuins na negeuur, doen van die inwoners bietjie oefeninge om die stram gewrigte weer soepel te kry. Terselfdertyd word daar tussendeur gelag en staaltjies gedeel... en asemhalings oefeninge gedoen! Kleinfontein Minimark Kleinfontein Algemene Handelaar Uit en Tuis Restaurant (met speelplek vir die kinders.

WINTER 2023 Briewe Datonet is aan te beveel! Omtrent so twee en 'n half jaar gelede het ons 'n Wi-Fi pakket gekry van Datonet (Pty) Ltd. Hulle het in die 'Kleinfonteiner' geadverteer en dit is waar ons hulle nommer gekry het. Ek wil hulle regtig aanbeveel – Tobie Erasmus of Daniël Goosen is altyd baie behulpsaam. Wanneer my rekenaar of wi-fi 'n probleem het, bel ek hulle en hulle sorteer die probleem uit. Dankie ook aan julle [die Kleinfonteiner nuusblad]! So het ons hulle kontak nommer gekry. Groete Yvonne Easton 18

WINTER 2023 19

WINTER 2023 20

WINTER 2023 Reënval-verslag Marius Bosch JAAR 2011 2 3 2012 2013 2014 2015 2016 2017 2018 2019 2020 2021 2022 2023 184 29 90 78 95 31 51 105 25 150 34 96 Jan. Feb. Mar. Apr. Mei Jun. Jul. Aug. Sep. Okt. Nov. Des. 1 4 117 66 70 50 141 276 10 89 58 142 18 130 112 15 93 196 163 22 181 73 175 91 127 199 76 95 262 20 249 50 82 55 5 0 100 0 96 6 8 0 28 0 0 0 2 0 70 20 107 29 0 24 0 0 4 117 145 0 32 8 138 20 1 182 24 12 42 7 0 0 0 0 6 4 0 0 0 0 0 0 8 22 0 4 2 0 2 0 0 0 0 0 0 9 2 10 11 114 76 12 192 810 118 138 112 208 867 11 1 78 2 16 20 2 0 14 0 146 128 156 748 65 16 139 256 987 87 94 80 86 558 100 293 107 942 59 80 20 58 88 33 115 663 110 808 187 375 1051 197 58 849 213 286 963 204 118 975 439 Die dik lyn op die onderstaande grafiek verteenwoordig reënval van 2023 tot op hede. Vorige jare se reënval syfers is in die agtergrond met verskillende soorte stippellyne. Reenval syfers - Kleinfontein, ZA 100 150 200 250 300 350 400 50 0 0 1 2 3 4 5 6 7 Maande 8 9 10 11 12 13 2011 2012 2013 2014 2015 2016 2017 2018 2019 2020 2021 2022 2023 TOTAAL 21 Reenval (mm)

WINTER 2023 Leserskring Elisabeth Malan Maartmaand ontmoet ons Elsa Joubert soos Lynette Brummer haar leer ken uit haar boek Spertyd. Ons leer van Elsa Joubert se ervaring in die oudword proses na haar opname in ‘n aftree-oord. Ons beleef met deernis haar belewenis van die verandering en haar herinneringe en ervarings gedurende die laaste jare van haar lewe soos slegs Elsa Joubert dit kan beskryf. Einde Februarie het Susan Knoetze die boek Prediker, geskryf deur Stephanie Scott, aan ons bekend gestel. Uit die Bybelboek Prediker het die skryfster die lewenslesse wat koning Salomo geleer het uit die waarneming om hom, gebruik om ons geestelik te laat groei en ons toe te rus vir die uitdagings van die lewe. April maand is dit Elisabeth Malan se beurt met “ Om die Son te aanskou” geskryf deur Audrey Blignaut. Deur die boek te lees stap jy saam met Audrey Blignaut die pad wat sy geloop het na die motorongeluk waarin sy beseer en haar man Andries dood is. Stap vir 22 Leserskring vergader elke laaste Woensdag van die maand. Indien u wil deelneem kan u gerus skakel met Marié Venter (0794183342) stap neem sy die leser op haar pad en kom sy tot die gevolgtrekking dat sy nou weet dat vrees en verskrikking wat ‘n mens tot die rand van wanhoop dryf, al die krag oproep waaroor jou gees beskik. Sy weet dat dit sedelike moed verg om te treur en kan slegs bid dat die religieuse moed haar geskenk word om ook te juig.

WINTER 2023 23

WINTER 2023 Ter nagedagtenis Buks Barnard Barend Hendrik Abraham (Ben) van den Berg (22 April 1942 tot 13 Junie 2023) My hart is seer. My vriend, Ben van den Berg, het ons ontval. Ben was ‘n hoeksteen in die Vereniging van Oranjewerkers wat met harde werk, toewyding, groot opoffering en nugter verstand gewerk het om ons mense te oortuig van die noodsaaklikheid van selfwerksaamheid en selfbeskikking. Hy het vir niks Die Padstal Kom kuier by die Padstal se Plaasmark! Wanneer? Elke Saterdag BEHALWE DIE EERSTE Saterdag van die maand. Ons begin nou in die winter 09:00 die oggend en dan hou dit aan tot so 14:30. Waar? Hoewe 23, Pioniersweg, Kleinfontein gestuit nie en geen opoffering was vir hom te veel nie. Ben het die geskiedenis van die Vereniging van Oranjewerkers opgeteken in ‘n waardevolle boek: Vryheidstryd vir die Afrikanervolk. Hy was ook betrokke op verskeie terreine in Kleinfontein. Dit was ‘n voorreg om Ben te kon geken het en om hom my vriend te noem. Ons innige meegevoel aan Heleen, kinders en kleinkinders. na die wyke uitstuur (daar is ‘n bedrag by betrokke). Ons probeer om Kleinfonteiners die geleentheid te gee om stalletjies te hê by die mark om sodoende die ekonomie van Kleinfontein te help groei al is dit ook hoe klein. Ons het Saterdag (10 Junie) ‘n groot opkoms gehad met 17 stalletjies en Solar besighede van Kleinfonteiners wat hul produkte kom uitstal het. Frikkie Putter skryf dat hulle geen betaling vir ‘n stalletjie vra nie, maar van die mense wat gereeld stalletjies het, gee uit hul eie R20 om by te dra vir die advertensie wat KA Ons poog om nou elke maand ‘n tema vir die markdag te hê en beplan om binnekort ‘n aandmark op ‘n Vrydagaand te hou. Vir meer inligting, kan u skakel met Frikkie Putter – 079 867 4940 24

WINTER 2023 Raymedsentrum, Treurnichstraat, Rayton Tel: 012) 734 4800 Weeksdae: 08:00 – 18:00 Saterdae: 08:00 – 13:00 Sondae en vakansiedae: 10:00 – 12:00 Voorskrifte: scripts@raytonpharmacy.co.za Ander: info@raytonpharmacy.co.za Oaklaan 112, Cullinan Tel: (012) 734 0557 Weeksdae: 08:00 – 18:00 Saterdae: 08:00 – 13:00 Sondae en vakansiedae: 10:00 – 12:00 25

WINTER 2023 Voëls in ons tuine (7) Kuifkop houtkapper (trachyphonus vaillantii) Carel Breytenbach Een van ons mooiste tuin voëls met die wit gespikkelde swart vlerke, stert en borslappie. Res van die lyf geel agtergrond met rooi vlekkies. Op die kop ‘n parmantige swart kuif wat permanent regop staan. Die kuifkop is omtrent so groot soos die Tiptol, maar die lyf vertoon groter weens die kleur en dat hy sy vere ook uitpof wat hom ‘n meer aggressiewe voorkoms gee. As dit by voerplekke kom gee tot die groter bosduiwe meer spasie vir die klein parmant. En die Kuifkop is heeltemal bewus van sy status. Die voëltjie is egter nie ’n ware houtkapper nie, maar gebruik wel ou houtkapper neste wat hy soms bietjie groter moet maak om daarin te kan pas. Ons ware houtkappers se lyfies is heelwat skraler as die Kuifkop s’n. Die groter maak, het hom die naam van houtkapper besorg. Kom voor vanaf Natal tot Tanzanië, weswaarts tot Angola en suidelike Zaïre. Die voëltjie word meestal mis gekyk want dit skuil gewoonlik in digte bome en groot struike. Kan nogal redelik mak word in 26 groot tuine en sal jou toelaat om bietjie nader te kom. Dit verg egter ‘n paar maande se geduld om sy guns te wen. Die voëltjie is lief daarvoor om redelik hoog in ’n boom te sit en roep. Die roep is ’n lang uitgerekte krrrrrrrrrrrr geluid wat soms op lekker warm dae jou middagslapie moeilik kan maak. Baie tyd word aan die roep gespandeer. Voedsel bestaan uit wurms, kewers, papies, motte, sprinkane en vrugte. Sommige gebiede hoofsaaklik termiete. Broeityd is van Augustus tot Februarie in ou houtkapper neste of deur ’n gat te maak in verrottende boomstamme wat nog nie omgeval het nie. Lê 4 tot 5 wit eiers. Doen moeite en kyk gerus uit vir hom in die tuin. Die in my tuin het nogal ’n voorsmaak vir sagte stywe pap aanbrandsel ontwikkel en hy laat hom nie deur ander voëls intimideer as dit vroegoggend pap tyd is nie. KUIFKOP HOUTKAPPER (TRACHYPHONUS VAILLANTII)

WINTER 2023 27

WINTER 2023 28

1 Publizr

Index

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
Home


You need flash player to view this online publication