6

WINTER 2023 Gebruik die son... dis verniet! Álet Erasmus Hennie en Petro Aucamp is inwoners hier in Kleinfontein. Soms wanneer ek by hul huis verby ry, sien ek daar is ‘n sonoond aan die kook en ek het toe besluit om nader te gaan kennis maak! Die helderkleurige oond het ook my oog gevang omdat ek dit herken het aangesien ek so drie of vier jaar gelede met Johan van Wyk van Prieska kennis gemaak het, wat hierdie spesifieke oonde maak. Die sonoond het ‘n element wat gebruik kan word vir dae wat die son nie so sigbaar is nie, maar Hennie sê hy gebruik dit nie eintlik nie. Hulle maak heerlik kos en bak selfs beskuit (in ‘n bakplaat) en droog dit uit in die sonoond. Petro wys ook daarop, dat jy min tot amper geen water gebruik vir geregte nie, siende dat die vleis en groente grotendeels hul eie geurige sous maak. In vandag se tyd waar ons kyk na oplossings vir beurtkrag, is hierdie sonoond ‘n aanwins. Terwyl ons sit en gesels sê Hennie: “Dit is weer tyd om beskuit te bak...!” 6

7 Publizr Home


You need flash player to view this online publication