26

WINTER 2023 Voëls in ons tuine (7) Kuifkop houtkapper (trachyphonus vaillantii) Carel Breytenbach Een van ons mooiste tuin voëls met die wit gespikkelde swart vlerke, stert en borslappie. Res van die lyf geel agtergrond met rooi vlekkies. Op die kop ‘n parmantige swart kuif wat permanent regop staan. Die kuifkop is omtrent so groot soos die Tiptol, maar die lyf vertoon groter weens die kleur en dat hy sy vere ook uitpof wat hom ‘n meer aggressiewe voorkoms gee. As dit by voerplekke kom gee tot die groter bosduiwe meer spasie vir die klein parmant. En die Kuifkop is heeltemal bewus van sy status. Die voëltjie is egter nie ’n ware houtkapper nie, maar gebruik wel ou houtkapper neste wat hy soms bietjie groter moet maak om daarin te kan pas. Ons ware houtkappers se lyfies is heelwat skraler as die Kuifkop s’n. Die groter maak, het hom die naam van houtkapper besorg. Kom voor vanaf Natal tot Tanzanië, weswaarts tot Angola en suidelike Zaïre. Die voëltjie word meestal mis gekyk want dit skuil gewoonlik in digte bome en groot struike. Kan nogal redelik mak word in 26 groot tuine en sal jou toelaat om bietjie nader te kom. Dit verg egter ‘n paar maande se geduld om sy guns te wen. Die voëltjie is lief daarvoor om redelik hoog in ’n boom te sit en roep. Die roep is ’n lang uitgerekte krrrrrrrrrrrr geluid wat soms op lekker warm dae jou middagslapie moeilik kan maak. Baie tyd word aan die roep gespandeer. Voedsel bestaan uit wurms, kewers, papies, motte, sprinkane en vrugte. Sommige gebiede hoofsaaklik termiete. Broeityd is van Augustus tot Februarie in ou houtkapper neste of deur ’n gat te maak in verrottende boomstamme wat nog nie omgeval het nie. Lê 4 tot 5 wit eiers. Doen moeite en kyk gerus uit vir hom in die tuin. Die in my tuin het nogal ’n voorsmaak vir sagte stywe pap aanbrandsel ontwikkel en hy laat hom nie deur ander voëls intimideer as dit vroegoggend pap tyd is nie. KUIFKOP HOUTKAPPER (TRACHYPHONUS VAILLANTII)

27 Publizr Home


You need flash player to view this online publication