14

WINTER 2023 Diertjies in en om die huis Skerpioene Johan Conradie Daar is rofweg 150 verskillende spesies van skerpioene in Suid Afrika (en nuwe spesies word nog steeds gevind en beskryf). Om ‘n skerpioen spesie te identifiseer is dus nie ‘n maklike taak nie. Alle skerpioene is giftig, maar die steek van verskeie spesies is slegs matig giftig en nie van mediese belang nie. Dit kan steeds pynlik wees vir ‘n paar ure maar is nie noodwendig lewensgevaarlik nie. Daar is verskeie ou en foutiewe stories oor skerpioene en hul identifisering. Een so storie is bv. dat swart skerpioene baie gevaarlik is. Daar is geen algemene reël wat bepaal hoe gevaarlik ‘n skerpioen is gebaseer op kleur alleen nie. Uiters giftige skerpioene kom in ‘n verskeidenheid van kleure wat wissel tussen swart, bruin, geel, liggeel, oranje asook ‘n mengsel van hierdie kleure. ‘n Ander storie sê dat die grootte van die skerpioen ‘n bepalende faktor is en dat kleiner skerpioene baie meer giftig is as groter skerpioene. Die grootte van die skerpioen is egter nie relevant nie. Die algemene reël wat wel geld as jy ‘n skerpioen wil klassifiseer as gevaarlik is die verhouding tussen die dikte van sy stert en die grootte van sy knypers: die met dik sterte en klein knypers is uiters giftig terwyl die met dun sterte en groot knypers baie minder giftig is. Bron: https://www.africansnakebiteinstitute.com/ news/newsletters/dangerous-scorpions-ofsouthern-africa/ 14

15 Publizr Home


You need flash player to view this online publication