16

WINTER 2023 Kleinfontein Sorgsentrum Álet Erasmus Ons verwelkom Suster Drika Brown! Haar gunsteling geregte? “Gee my boerekos, braaivleis en seekos!” Die lewensles wat sy met ons deel: “Moenie rebelleer teen die lewenspad wat God vir jou bepaal het nie. Daar is te veel dorings as jy wegdwaal. Hou jou oë op Hom.” Hoe is die gemeenskap betrokke by ons eie Kleinfontein Sorgsentrum? Vir ‘n hele aantal jare, het gemeentelede uit die susterskerke op ‘n rotasiebasis, maandeliks koekies en beskuit geskenk wat dan gedurende tee tye aan die inwoners voorgesit is. Kleinfontein het intussen uitgebrei en by die Gemeenskap Forum (GF) is die voorstel gemaak om d.m.v. die wyke, teetyd skenkings te maak vir die inwoners. Tot tyd en wyl daar ‘n praktiese reëling getref kan word, is u welkom om koekies of beskuit te skenk. Dit word ook aangeteken in die skenkings register. Elke bydrae word opreg waardeer! Suster Drika Brown het die grootste deel van haar skool loopbaan, in Tzaneen gewoon. Haar Pa het vir Waterwese gewerk en gevolglik het hulle in ‘n paar ander plekke ook gewoon. Sy is gekwalifiseer as ‘n geregistreerde verpleegkundige en vroedvrou asook ‘n Mgraad in volwasse onderrig (UNISA). Sr Drika het vir 17 jaar in Saudi Arabië gewerk, onder andere in Al Khobar en Riýadh. Stokperdjies is genealogiese navorsing asook lees en musiek. Boek voorlesing Mien Bezuidenhout kom lees ook per geleentheid vir die inwoners voor net so na teetyd in die middag. Indien jy ‘n stem het wat goed dra, bied gerus jou diens aan om ‘n kort voorlesing te doen. Mien kan daarmee behulpsaam wees. Huisgodsdiens Daar is ook oor die jare vrywilligers wat net voor aandete ‘n kort huisgodsdiens vir die inwoners aanbied. Die aanbieding is nie meer as 10 minute nie en bestaan uit voorlees van ‘n paar verse uit die Bybel, ‘n kort gebed wat die tafelgebed insluit en daarna ‘n vers of twee wat uit die Sorgsentrum se sangbundel gesing word. Die inwoners van die Sorgsentrum waardeer die uitreik van Kleinfonteiners. Vir 16

17 Publizr Home


You need flash player to view this online publication