4

WINTER 2023 Spanwerk... Kragtoer! Betsie Steyn Met die weghol vuur op Maandag 19 Junie het die optrede van die personeel van die Sorgsentrum getoon dat – danksy hul vinnige optrede – ‘n krisis afgeweer is. Suster Ria Prinsloo en haar span het dadelik begin om die sentrum te ontruim en almal is betyds uitgestoot. Die inwoners – veral dié in die saal – was taamlik getraumatiseerd, maar het wonderlik saamgewerk. Die personeel (Sr. Ria, René van die Admin, die versorgers, skoonmakers en kombuispersoneel) het die inwoners uit die erge versmorende rook probeer kry. (Met handdoeke oor hul neuse om die ergste rook te keer). Van die Kleinfontein inwoners het ook gehelp om rolstoele uit te stoot. Sommige personeellede het self deurgeloop onder die rook en benoud geraak en nat handdoeke gegryp en neus toegedruk! Almal wat kon (selfs onbekendes), het hul gewig ingegooi en ook gehelp: party het vuur geslaan, ander het water aangedra. Die inwoners het groot lof vir die personeel se optrede, is baie dankbaar en soos een man sê hulle: “Dankie, julle was wonderlik!” Die foto’s vertel die hele verhaal... 4 Van die inwoners wat eerste na die oorkant van die pad (uit die rook) gestoot is “Sr Ria en haar span het hulle wonderlik van hulle taak gekwyt om die inwoners van die Sorgsentrum te ontruim toe die rook ons uitgedryf het. Hulle het diegene in die saal wat nie in 'n rolstoel kon sit nie, met beddens uitgestoot en gou was almal veilig. Suster, Johnnie en helpers, het alles wat gesmeul het agter die Sorgsentrum, natgegooi sodat die rook kon ophou en die inwoners kon terugkeer om te gaan eet. Alle eer aan ons Hemelse Vader vir die veiligheid van almal!” Bertha Olivier (Sorgsentrum inwoner) “Aan al die personeel wat die 19de Junie so saam gewerk het 'n groot dankie van my kant af. Ook veral dat almal so kalm gebly het. Julle is staatmakers.” Sr. Ria

5 Publizr Home


You need flash player to view this online publication